Johann Strauss II

Johann Strauss II
Gebore
Johann Baptist Strauss

25 Oktober 1825
Sterf3 Junie 1899
BeroepKomponis
EggenootHenrietta Treffz (1862–1878), Angelika Dittrich

Johann Strauss II (gebore Johann Baptist Strauss; 25 Oktober 18253 Junie 1899), ook bekend as Johann Strauss jr., die Jonger, die Seun (Duits: Sohn), was 'n Oostenrykse komponis van ligte musiek, vernaam dansmusiek en operette. Hy het meer as 500 walse, polkas, kwadrilles, en ander soorte dansmusiek sowel as verskeie operettes en 'n ballet geskryf. Gedurende sy leeftyd het hy bekendgestaan as "Die Walskoning". Hy was grootliks verantwoordelik vir die popularisasie van die wals in Wene in die 19de eeu. Van Johann Strauss se bekendste werke is die "Blou Donau", die "Keiser Wals", "Verhale uit die Weense Woude" en die "Tritsch-Tratsch-Polka". Van sy operettes is Die Fledermaus en Der Zigeunerbaron veral bekend.

Strauss was die seun van Johann Strauss sr. en sy eerste vrou Maria Anna Streim. Sy twee jonger broers, Josef en Eduard Strauss, was ook komponiste van ligte musiek, alhoewel hulle nie so bekend soos hulle broer geword het nie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy